Bomdreigement by Kaapse parlement

Die woordvoerder van die parlement in die buurland, Molotho Mothapo, het bevestig daar was vandag ‘n bomdreigement by die parlementsgebou in Kaapstad. Polisiebeamptes het ‘n verdagte verlate pakkie in die omgewing opgemerk en het dadelik die protokolle rakende bomverwydering gevolg. Daar was egter geen onmiddellike gevaar vir die LP’s, personeel en gaste nie en geen ontruimings was nodig nie.