Vleisraad van Namibië reageer op impak van regulasies van bek-en-klouseer

Die Vleisraad van Namibië het gereageer op die nuwe regulasies van bek-en-klouseer in Suid-Afrika se impak op Namibiese produsente. Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, waarsku enige verontagsaming van die verbod op die vervoer van beeste is ʼn strafregtelike oortreding. Didiza het alle vervoer van beeste in die land vir 21 dae opgeskort weens ʼn uitbreking van bek-en-klouseer. Sy sê die enigste uitsonderings is beeste wat regstreeks by geregistreerde abattoirs of vir rituele doeleindes geslag word. Paul Strydom, die hoofbestuurder van die Vleisraad, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die impak op Namibië sal wees.

Hy se Namibië moet nog amptelike dokumentasie ontvang oor hoe die bek-en-klouseer die uitvoer van lewende beeste vanaf Namibië na Suid-Afrika gaan beïnvloed.