Namibiese vragmotorbestuurders ervaar nie probleme op SA paaie

Namibiese vragmotorbestuurders het waarskuwings ontvang oor paaie in Suid-Afrika wat versper is weens openbare geweld. Die Padvragvereniging in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die ministers van Polisie en Vervoer om wetstoepassingsbeamptes opdrag te gee om seker te maak paaie bly oop vir alle burgers. Dit volg nadat vragmotorbestuurders paaie by Middelburg in die Karoo en in KwaZulu-Natal versper het. ‘n Namibiese vervoer-deskundige, Stefan Terblanche, sê tot dusver is daar nie probleme nie en hulle is in kontak met alle polisiestasies in kontak op hul roetes.