Biden bring hulde aan koningin Elizabeth II

Die Amerikaanse President Joe Biden het hulde gebring aan koningin Elizabeth. Hy het aan media gesê sy het hom aan sy eie ma herinner omdat sy altyd gelyk het of sy wou weet of jy iets nodig het, maar, ook asof sy sê jy beter jou gedra. Hy sê Brittanje en die wêreld was gelukkig om so ‘n waardige en toegewyde dienaar vir 70 jaar op die troon te hê.

Hy en sy vrou, dr. Jill Biden, het Westminster-saal Sondag besoek om respek te betoon aan die ontslape koningin terwyl sy in staatsie lê. Sowat 2 000 mense sal na verwagting vandag die begrafnis-seremonie wat 12-uur plaaslike tyd begin, bywoon. Biden sê die koningin se dood laat ‘n groot leemte in die wêreld: