Dokumentêr het ‘vrede van die graf’ verbreek 

Twee Sweedse rolprent-vervaardigers is skuldig bevind aan die onwettige versteuring van die wrak van die veerboot MS Estonia, wat in 1994 in die Oossee gesink het en 852 mense se lewens geëis het. Hulle het beeldmateriaal van die wrak opgeneem vir ‘n dokumentêr. Die regisseur, Henrik Evertsson, en ontleder, Linus Andersson, is in September 2019 in hegtenis geneem nadat hulle ‘n afstandbeheerde duik-robot gebruik het om die skeepswrak te verfilm. ‘n Hof in Gotenburg in Swede het hulle skuldig bevind aan “die verbreking van die vrede van die graf” en boetes van onderskeidelik 35 580 Namibiese dollar en 29 855 dollar opgelê.