CBI-uitspraak (uiteindelik) vandag

Uitspraak in die saak waar die hoof van die kriptogeldeenheid-maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, die Bank van Namibië dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart, sowel as vir 5 miljoen dollar in sy privaat hoedanigheid na die bank al sy bates en rekenings gevries het, word vandag verwag. Regter Marlene Tommasi het op 8 Junie die saak na 29 Junie uitgestel vir uitspraak maar, dit is nie gelewer nie omdat die dokument nie geproeflees was nie. Dus is dit tot vandag uitgestel. Dit is neergelê vir nege-uur vanoggend.