Recon moet boetes betaal, saak in die hof verdedig maar, dit gaan goed met boorwerk

ReconAfrica staar verskeie uitdagings in die gesig. Die Ncumcara-gemeenskap sleep die maatskappy hof toe in die hoop om ‘n interdik teen die maatskappy se eksplorasie te bekom. Die woordvoerder Paulus Kampanza sê daar moet eers ‘n nuwe omgewingsklaringsertifikaat bekom word. Intussen, moet die maatskappy verskeie boetes betaal na die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne vergader het. Daar is ook aanbeveel dat ‘n komitee wat saamgestel is uit die ministeries van omgewing, landbou, en myne en energie, alle aktiwiteite van ReconAfrica moet verseker. Die maatskappy se direkteur vir kommunikasie, Ndapewoshali Shapwanale, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die vordering met die boor van die eerste van vier putte verloop vlot en dat die maatskappy gehoor gee aan alle wetgewing.