Militêre kenner sê Putin soek net Oos-Oekraïne

‘n Voormalige Amerikaanse militêre adviseur, kolonel Douglas MacGregor sê die koste van militêre ondersteuning aan die Oekraïne is onvolhoubaar. Hy het aan Australiese media gesê dat Russiese President Vladimir Putin nie sal onttrek nie en ‘n streeksooreenkoms moet beklink word om die uitbreiding van die konflik te verhoed.