CBI se bates steeds gevries, hangende appèl-saak

CBI Exchange sukkel steeds om bedrywighede op die been te bring. Die Bank van Namibië het teen die hof se beslissing, in CBI se guns, geappelleer. CBI het die aansoek om weer toegang tot sy rekeninge te kry na die sentrale bank dit gevries het, gewen maar met die appèl is die rekeninge weer gevries. Coenie Botha, CBI Exchange se uitvoerende hoof sê die aansoek word eers einde Oktober aangehoor.