Tientalle Nore was kitsmiljoenêrs totdat hulle uitgevind het die kennisgewing wat hulle van die staatsbeheerde dobbelmaatskappy ontvang het, was verkeerd. ‘n Fout in die omskakeling van eurosent na Noorse krone het veroorsaak dat die prysbedrae in die Eurojackpot “buitensporig hoog” was, het die maatskappy Norsk Tipping gesê. Die bedrag is met 100 gemaal, in plaas daarvan om deur 100 gedeel te word. Norsk Tipping se uitvoerende hoof, Tonje Sagstuen, het om verskoning gevra en ‘n dag later bedank.