Vroue maak moles op Copps 94.1

Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik, maar drankmisbruik het weer sterk na vore getree. Volgens Francois Lottering van Copps 94.1 was vroue by al die gevalle betrokke waar hulle moes hulp verleen. Dit is nie verbasend nie, aangesien Namibië volgens die Wêreld Gesondheid-organisasie een van die Afrika-lande is waar daar die meeste per kapita gedrink word, veral deur vroue. In die Suider-Afrikaanse streek is dit net in Botswana en Suid-Afrika waar daar meer per kapita gedrink word as in Namibië. Francois Lottering van Copps 94.1 gee die besonderhede.