Ondonga koning gee 100 hektaar vir akkerbou

Groentetuine en kleinskaalse tuinbou-projekte word as krities beskou vir voedselsekerheid. Dit het veral na vore gekom tydens die pandemie en die gepaardgaande inperkings. Die Ondonga koning, Fillemon Shuumba Nangolo het 100 hektaar beskikbaar gestel by Omutsegwondjamba, net oos van Omuthiya. Lede van die gemeenskap berei reeds grond voor. Ileni Nandjato, een van die koning se woordvoerders en projekleier het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.  


Biden en Putin gesels Woensdag

Die Russiese president Vladimir Putin sê Amerikaans-Russiese betrekkinge is op sy laagste punt in baie jare. Hy het dit gesê op die vooraand van sy vergadering die week met die Amerikaanse president Joe Biden. Brooks Spector ’n kenner van die Amerikaanse politiek.


Hier is jou kans om groot te wen

Die gewilde Namibiese kampioen-boerewors-kompetisie van Shoprite en Checkers versoek weer alle Namibiërs op met die beste boereworsresep vorendag te kom. As jy dink jou boereworsresep is perfek, skryf voor 15 Junie in.Dalk is jy Namibië se volgende boerewors-kampioen. Die bekende sjef, Sanet Prinsloo.


Saoedi-Arabië het die getal Moslems vir hulle jaarlikse pelgrimstog beperk

Saoedi-Arabië het die getal Moslems vir hulle jaarlikse pelgrimstog bywoon tot 60-duisend verlaag weens die Covid-19 pandemie. Pelgrims moet tussen 18 en 65 jaar oud wees, geen chroniese siektes hê nie en ingeënt wees. Verlede jaar het Saoedi-Arabië vir die eerste keer in die onlangse verlede Moslems van oorsee verbied. Vanjaar se pelgrimstog begin na verwagting in die middel van Julie.


Stevenson praat oor die geveg met Nakathila

Die Amerikaanse bokser Shakur Stevenson het vanoggend die Namibiër Jeremia Nakathila met punte oor twaalf rondes geklop in hulle WBO-tussentydse superveergewig-titel-geveg in Las Vegas. Stevenson het met die media gepraat oor sy Namibiese opponent.


Leiers van die G7-lande steun reuse wêreldwye Amerikaanse infrastruktuurplan vir ontwikkelende en opkomende lande

Leiers van die G7-lande met die grootste ekonomieë, steun ‘n reuse wêreldwye Amerikaanse infrastruktuurplan vir ontwikkelende en opkomende lande as mededinging vir die sogenaamde Chinese Belt and Road-projek. Die Withuis sê die projek met die leuse, Build Back Better World, gaan met kapitaal uit die private sektor die ontwikkelende wêreld help met tekorte wat vererger is deur die Covid-19 pandemie. Die projek sal fokus op die klimaat, gesondheid, digitale tegnologie en die stryd teen ongelykheid


Die spreekwoordelike vreugdevure brand steeds hoog in Pretoria

Rugby: Die Bulls is op pad na Treviso in Italië vir die Reënboogbeker-eindstryd
Saterdag teen Benetton. Die span van Pretoria het gister ‘n oorwinning van 34-22 oor
die Sharks in Durban behaal. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss het met
Kosmos 94.1 Nuus uit Pretoria gepraat.


Red Force Debt Management ontferm hulle oor minderbevoorregtes

Dit is gedurende die koue wintermaande dat minderbevoorregtes baie hulp nodig het.
Red Force Debt Management is een van die maatskappye wat hulle ontferm oor die lot
van kwesbare Namibiërs in die winter. Hulle het komberse en voedsel-items aan
inwoners van Windhoek se informele nedersettings oorhandig. Julius Nyamazana,
uitvoerende hoof van Red Force, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.


Lekker tennis vandag

Tennis: Barbora Krejcikova het die eerste Tsjeggiese vroue enkelspelkampioen sedert
1981 geword toe sy Anastasia Pavlyunchenkova van Rusland met 6-1, 2-6 en 6-4 in die
eindstryd van die Franse Ope geklop het.Sy het met die media gepraat na haar
oorwinning.


Dis vandag Internasionale Albinisme-bewustheidsdag

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ‘n beroep gedoen
vir solidariteit met persone met albinisme op Internasionale Albinisme-bewustheidsdag.
Vanjaar se tema is Strenght Beyond All Odds. Guterres sê persone met albinisme neem
al hoe meer hulle regmatige plek op besluitnemingsplatforms in die wêreld in. Die VN se
onafhanklike kenner oor die uitoefening van menseregte deur persone met albinisme,
Ikponwosa Ero, sê die organisasies wat persone met albinisme verteenwoordig, het
hulle kapasiteit vergroot.