Die organiseerders van die Sonskyntoer het aangekondig dat die Alfred Dunhill-Kampioenskap na sy historiese oorsprong in Johannesburg terugkeer wanneer dit vanaf 11 tot 14 Desember by die Royal Johannesburg Gholfbaan gespeel word. Die kommissaris van die Sonskyntoer, Thomas Abt, sê die aanbieding by die Leopard Creek-gholfbaan van beide die Alfred Dunhill Kampioenskap en ook die R&A Afrika Amateurkampioenskap kort na mekaar het die baan onder druk geplaas en dit het ‘n hersteltydperk nodig.