Verbypad van môre af op B6 op pad na lughawe

Die Padowerheid het aangekondig dat ‘n tydelike verbypad van môre af op die B6 op pad na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking sal wees. Dit is weens konstruksie op die pad, en padgebruikers word gemaan om versigtig te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.