Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na ‘n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar ‘n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van ‘n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië ontdek. Die maatskappy blameer ‘n derdeparty-maatskappy, Aviation Coordination Services vir die voorval en het sy dienste beëindig. Acsa se woordvoerder, Adele Nkomo sê sekuriteit by die lughawe is verskerp: