CAR se Ngaïssona en ‘Rambo’ skuldig aan oorlogsmisdade

Die Internasionale Strafhof het die voormalige hoof van die Sentraal-Afrikaanse Republiek se sokkerfederasie, Patrice-Edouard Ngaïssona, skuldig bevind aan 28 oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hy is saam met Alfred Yekatom beskuldig van gekoördineerde aanvalle op die land se Moslem-bevolking in 2013 en 2014. Yekatom, met die bynaam Rambo, is skuldig bevind aan 20 aanklagte. Hy het ondere opdrag gegee dat Moslems lewendig begrawe word na hul ore en neuse afgesny is. Die regters het hul uitspraak gelewer ná ‘n verhoor wat byna vier jaar geduur het met meer as 170 getuies en byna 20 000 bewysstukke.