‘n Kajuitopname van dialoog tussen die twee loodse van die Air India-vlug wat verlede maand neergestort het, ondersteun die siening dat die kaptein die brandstofvloei na die vliegtuig se enjins afgesny het. Reuters berig die onder-kaptein was aan die stuur van die Boeing 787 en het die kaptein gevra waarom hy die brandstofskakelaars na ‘n posisie geskuif het wat die enjins van brandstof ontneem het en versoek dat hy die brandstofvloei herstel. Die ondersoek na die ongeluk op 12 Junie in Ahmedabad, Indië, plaasgevind het en wat 260 mense doodgemaak het, duur voort