Nuwe bloedtoets vir Alzheimer’s uiters akkuraat

Navorsers sê ‘n nuwe bloedtoets vir Alzheimer se siekte is 95-persent akkuraat om pasiënte te identifiseer met kognitiewe verswakking wat verband hou met die toestand. Die Amerikaanse studie het 509 pasiënte in ‘n geheuekliniek vir buitepasiënte in Florida betrek. Die toets, wat deur die Amerikaanse reguleerder goedgekeur is, was ook 82-persent onderskeidend akkuraat wat beteken dat dit mense sonder demensie uitsluit. Wetenskaplikes sê die toets moet nou uitgebrei word na pasiënte met vroeë Alzheimer’s, maar sonder kognitiewe simptome.