Die Shambyu tradisionele owerheid in die Kavango Oos-streek het ‘n stuk grond geïdentifiseer waar ‘n agro-verwerkingsfasiliteit ontwikkel kan word. Eerste minister Elijah Ngurare, wat op ‘n besoek aan die streek is saam met landbouminister Inge Zaamwani, het Maandag met die tradisionele owerheid vergader. Hy sê fondse is goedgekeur om ‘n agro-verwerkingsfasiliteit in die streek op die been te bring. Die stuk grond is by Mazana-dorpie in Shambyu geleë.