Elf gewond in mesaanval in Walmart 

Ses mense is in ‘n kritieke toestand ná ‘n man Saterdagmiddag ministens 11 mense in ‘n Walmart-winkel in Michigan, Amerika met ‘n knipmes aangeval het. ‘n 42-jarige man van Michigan is in verband met die voorval in hegtenis geneem. In dié stadium is sy motief vir die aanval onbekend. Die hulp van die FBI is ingeroep.