Bibi sê intense gevegte in Rafah byna verby

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die intense fase van gevegte in Rafah in die suide van Gaza, is byna verby, maar dit beteken nie dat die oorlog op ‘n einde is nie. Hy benadruk die gevegte sal voortduur tot Hamas van sy mag ontneem is. Hy voeg by die Israeliese weermag gaan binnekort troepe na die grens met Libanon ontplooi, waar gevegte met Hizbollah aan die toeneem is. Netanyahu het weer die idee verwerp dat die Palestynse owerheid in die Wesoewer, Gaza moet bestuur in die plek van Hamas.