Stad Windhoek sedert 2020 ‘n agterstand van bykans 2,7 miljard Namibiese dollar in die instandhouding van sy paaie opgebou weens voortdurende onderbefondsing. Volgens die munisipaliteit se waarnemende strategiese uitvoerende beampte vir infrastruktuur, water en tegniese dienste, Rowan Adams, benodig die stad sowat 384 miljoen dollar jaarliks om sy paaienetwerk funksioneel te hou, maar ontvang baie minder as dit. Altesaam 650 strate in die hoofstad is tydens die afgelope reënseisoen beskadig en dit gaan 353 miljoen dolllar kos om dit te herstel, sê Adams.