Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad waarsku boere om versigtig te wees in verband met bek-en-klouseer-uitbrekings in Suid-Afrika. Karan Beef het bevestig dat drie van hul voerkrale – in Heidelberg, Nigel en Albert Falls – geraak is. Alle speenkalf-aankope uit Namibië is opgeskort. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sy reaksie daar op gee.