Span na Opuwo gestuur oor cholera-gevalle

Die gesondheidsministerie het ‘n span ontplooi na Opuwo na die bevestiging van cholera op die dorp. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood en voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Walters Kamaya, segsman by die ministerie het meer.