Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het ‘n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na ‘n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne raak. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die metro het die afgelope tien jaar drie seekoeie suksesvol verskuif as deel van voortgesette pogings om natuurlewe te bestuur: