Nog ‘n Namibiese skoonheid het haar naam in die geskiedenisboeke verewig. Namibië se Caitlin Bosman is vandag in Lima, Peru aangewys as die algehele wenner van die MS Global – Tiener afdeling. Sy was die eerste Namibiër wat aan die kompetisie deelgeneem het, en natuurlik ook die eerste Namibiese wenner. Sy het ook twee onderafdelings gewen, naamlik Pragtigste Gesig en Topmodel.