Oorlog in die Midde-Ooste dryf olie op met 14%

Midde toenemende konflik tussen Israel en Iran het Brent-oliepryse Vrydag 7 persent hoër as die vorige dag gesluit ná dit vroeër die dag die hoogste vlak sedert 27 Januarie vanjaar bereik het. Brent het vanoggend handel net onder 75 Amerikaanse dollar per vat oopgemaak, meer as 14 persent hoër as die vorige week. Beleggers is bekommerd dat die konflik tussen Israel en Iran olie-uitvoere uit die Midde-Ooste kan ontwrig. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper oor sy verwagtinge vir die olieprys gepraat.