Die Studenteraad van Unam se hoofkampus in Windhoek het die “Brain Fuel”-ondersteuningsprogram geloods wat gratis maaltye verskaf aan studente wat eksamen skryf. Die inisiatief volg op ‘n onlangse oproep deur Unam-amptenare om die verpligte ontbyt uit koshuisgelde te skrap, in ‘n poging om ‘n bekostigbare maaltydplan vir koshuise te skep. Die Studentraad sê die maaltye sal slegs daagliks aan studente voorsien word wat op daardie spesifieke dag eksamen skryf en dat hulle ‘n eksamenstrokie moet wys om dit te verifieer. Kwalifiserende studente sal drie maaltye per dag kry en moet hul eie eetgerei bring.