Harvard dagvaar Trump-administrasie oor buitelandse studente

Harvard dagvaar die Trump-administrasie oor hul poging om die spoguniversiteit te verhoed om buitelandse studente in te skryf en te huisves. In ‘n groeiende dispuut, het die Minister van Binnelandse sekerheid, Kristi Noem, Donderdag Harvard se vermoë herroep om buitelandse burgers in te skryf, wat die toekoms van duisende studente in onsekerheid dompel. President Donald Trump is woedend omdat Harvard, wat reeds 162 Nobelpryswenners opgelewer het, sy eis verwerp het dat toelatings en aanstellings aan toesig onderwerp moet word, oor sy bewerings dat die universiteit ‘n broeiplek is vir anti-Semitisme en “woke” liberale ideologiëe.