90% van tienjariges ongeletterd 

Nege uit tien kinders in Namibië voldoen nie aan die minimumvereisters vir geletterdheid wat vir tienjariges gestel word nie. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, het Vrydag tydens ‘n inligtingsessie gesê die meeste leerders in graad 3 sukkel om te lees en ‘n eenvoudige storie te verstaan. Skaars ‘n derde van leerders beskik oor geskikte syfervaardighede. Volgens Bohn gaan die ministerie ‘n nasionale bewusmakingsveldtog van stapel stuur om dié krisis te takel. Dit sal daarop fokus om onderwysers toe te rus en leerder te ondersteun.