Die Kremlin sê ‘n spitsberaad tussen die presidente van Rusland en Oekraïne, Vladimir Putin en Volodymyr Zelensky, kan slegs as ‘n finale stap plaasvind om ‘n vredesooreenkoms te beklink. Die Kremlin-woordvoerder, Dmitri Peskov, sê dit is onwaarskynlik dat so ‘n vergadering einde Augustus kan plaasvind, soos Oekraïne voorstel. Peskov sê ‘n spitsberaad kan, en behoort, die finale punt in ‘n skikking te wees en moet die kenners se ooreenkomste bevestig. Hy sê dit is onmoontlik om dit andersom te doen.