Namibië se effektemark betree die tweede helfte van 2025 op ‘n deurslaggewende stadium in sy monetêre en strukturele reis, sê Simonis Storm in ‘n verslag. ‘n Finale rentekoersverlaging word later vanjaar verwag, wat ooreenstem met soortgelyke bewegings in Suid-Afrika voor ‘n lang tydperk van stabiliteit. Dit dui op ‘n verskuiwing van ‘n beleidsgedrewe mark na een wat gevorm word deur inflasieverwagtinge, termynpremies en die dinamika van die opbrengskromme. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix, die beleggingshoof by Simonis Storm gepraat.