Terwyl Namibiese bestuurders effe verligting ervaar met ‘n onveranderde brandstofprys in Januarie, is Suid-Afrikaners nie so gelukkig nie. In die buurland sal pryse op Nuwejaarsdag styg. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het ‘n styging van 19-sent per liter aangekondig vir 93-oktaan petrol, en 12-sent vir 95-oktaan. Diesel styg met tussen 7,5- en 10,5-sent per liter en vloeibare gas word 13-sent per kilogram duurder. Die departement sê die stygings is te wyte aan hoër internasionale petroleumpryse, en die swakker rand.