MotoGP: Marquez jaag sewende elite-wêreldtitel 

Marc Marquez is stewig op pad na ‘n sewende elite-wêreldtitel met Saterdag se snelren by die Italiaanse MotoGP waardeur hy sy voorsprong in die kampioenskap versterk het. Die Spaanse legende moes terugveg na ‘n rampspoedige begin uit die voorste wegspringplek by Mugello om die volle 12 punte te behaal. Hy is nou 35 punte voor sy naaste uitdager, en broer Alex Marquez. Die 32-jarige is reeds die gunsteling om sy groot mededinger Valentino Rossi se sewe wêreldkampioenskappe te ewenaar, net agter die grootste wenner van alle tye, Giacomo Agostini.