Die toerisme-ministerie sal ‘n nuwe meesterplan voorberei wat brandpunte vir toerisme uitwys deur middel van geografiese inligtingstelsels. Die ministerie het kommer oor sogenaamde oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is. Die plan sal ook infrastruktuur tekortkominge uitlig sowel as ander belangrike kwessies soos internet verbinding, water en krag. Oor-toerisme raak ‘n probleem in verskeie plekke regoor die wêreld.