DA lê klagte teen hoër onderwysminister

Die DA het in Kaapstad strafregtelike klagte gelê teen die minister van Hoër Onderwys, Nokubhle Nkabane, omdat sy na bewering vir die parlement gelieg het oor die aanstelling van ANC-kaders. Die party sê sy het vals beweer ‘n onafhanklike paneel het die bedrieglike aanstellings van mense met ANC-bande op die rade van Sektoronderwys- en Opleidingsowerhede gedoen. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê die party gaan stem teen Nkabane se departement se begroting en ander begrotings gelei deur korrupte ANC-ministers: