Beroep vir jeugfasiliteite na kinder-gevangenes ontsnap 

Daar is beroepe vir jeugfasiliteite na 11 jeugdige gevangenes uit die Oluno-tronk ontsnap het deur ‘n gat in die dak te maak. Die kinders, tussen 14 en 17 jaar oud, met ses wat Angolese burgers is, is aangehou op ernstige klagtes wat verkragting, huisbraak en veediefstal insluit. Beamptes het eers die oggend daarna besef die sel is leeg en daar word vermoed die groep het Maandagoggend ontsnap. Namibië het nie fasiliteite vir kinders onder 18 nie, eenvoudig omdat daar min oortreders van die ouderdom is, volgens die Korrektiewe Diens.