Starlink ‘sal eerder werke, sake aanhelp as skaad’

Reaksie word ontvang op inligtingsminister Emma Theofelus wat sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar wil sy 51 persent eienaarskap behou. Hy moes dus kragtens die kommunikasiewet by die lynminister aansoek doen om vrystelling. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Peet van Staden, ‘n boer in die Suide wat hom beywer dat die diens plaaslik beskikbaar gestel word.