Die goewerneur van Kavango-Oos, Julius Hambyuka, het ‘n beroep op inwoners van die streek gedoen om versigtig te wees wanneer hulle kos koop of voorberei. Dit volg ná verskeie gevalle van vermoedelike voedselvergiftiging. In die jongste voorval is twee kinders van die Korokoko-nedersetting dood ná hulle glo cassava-wortels geëet het. Altesaam 23 mense is sedert 2023 aan voedselvergiftiging in Kavango-Oos dood.