Onhangwena-akwifer moet dringend ontwikkel word 

Die goewerneur van Ohangwena, Kadiva Hamutumwa, sê die akwifer in die streek moet dringend ontwikkel word om watersekuriteit vir huishoudelike-, landbou- en nywerheidsgebruik te verseker. Gronddamme in die opvangsgebiede vir reën- en vloedwater is ewe nodig, sê sy. Hamutumwa het ook die belangrikheid van pad- en netwerkinfrastruktuur vir sake-ontwikkeling beklemtoon en gesê ekonomiese groei steun op bogenoemde inspuitings.