Die DA sê die regering moet ‘n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid met opgeleide en toegeruste lede wat fokus op landelike misdaad, plaasaanvalle en veediefstal in die polisie stig. DA-lid Ian Cameron sê vir die eerste keer het twee sleutelportefeuljekomitees, Landbou en Polisie, die werklikheid van en styging in plaasaanvalle en die behoefte aan dringende ingryping erken: