Aviation Co-ordination Services het die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid se goedkeuring om vier kritieke bagasie-ondersoekeenhede by OR Tambo en King Shaka Internasionale Lughawens te vervang, verwelkom. Dit volg op ‘n uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof wat die dringende opgraderings verpligtend maak te midde van kommer oor verouderderde toerusting. Die uitvoerende hoof van ACS, Duke Phahla, sê die goedgekeurde vervangings is daarop gemik om passasiersveiligheid en bedryfskontinuïteit te verseker. Hy het die belangrikheid van ononderbroke sekerheidsbedrywighede beklemtoon: