Duisende Namibiese produkte kan tariefvry na VSA uitgevoer word

Die Amerikaanse Ambassadeur in Namibië, Lisa Johnson, en die Namibiese Minister van Nywerheidsontwikkeling en Handel, Lucia Iipumbu, het Namibië se deelname volgens die Amerikaanse wet en strategie oor groei en geleenthede vir Afrika van stapel gestuur. Dit sal Namibië toelaat om 6 400 produkte tariefvry na Amerika uit te voer. Die Hoofwoordvoerder van die Amerikaanse Ambassade, Walter Parss, is aan die woord.