Capricorn Group reik uit na weerlose kinders

Die Capricorn Group het in samewerking met Imago Dei komberse, speelgoed, boeke lekkernye en ander benodighede aan wees- en weerlose kinders van Havana by die Prayer House of God Ministries geskenk. Marlize Horn, Capricorn Group se uitvoerende hoof van handelsmerk- en korporatiewe sake, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê kinders is die mees weerlose in ons gemeenskappe. Sy vertel van hul projekte vir positiewe verandering.