Alaska deur aardbewing geruk

Die Amerikaanse deelstaat Alaska is deur ‘n kragtige aardbewing van 6.1 op die Richterskaal getref, berig internasionale media. Die skudding se episentrum was sowat 160 kilometer noord van Anchorage en relatief diep teen 65 kilometer onder die aardoppervlak.