Mans met vars olifanttand in hof

Die twee mans wat die naweek by die Gam-nedersetting glo met ‘n vars olifanttand in hegtenis geneem is, het vandag in die rondgaande op Tsumkwe verskyn. Karuhava Kahaka en Vekotokeraije Keharara is vasgetrek toe hulle glo die ivoor aan ‘n geheime polisiebeampte wou verkwansel. Volgens die wildmisdaadverslag is nog ‘n man, Celestinus Kativa Mukuve, verlede week by Ndiyona met twee olifanttande in sy besit in hegtenis geneem.