CAoN hou vergadering met skeepsrederye

Om die Namibiese houtskoolbedryf teen ‘n houtskoolverbod te beskerm, het die Charcoal Association of Namibia ‘n strategiese vergadering gehou met van die skeepsrederye wat houers gevul met houtskool vervoer. Dit volg na berigte van houtskool wat in vraghouers begin brand. Van die voorstelle is dat geen houtskool in houers gelaai mag word op plase waar daar nie behoorlike verpakkingsgeriewe is nie. Houtskoolprodusente onderskat die gevaar van houtskool wat nie behoorlik afgekoel en gestabiliseer is nie. ‘n Nuwe konsep is bekendgestel vir die stabilisering van houtskool. Dit is die proses wat ‘n produsent moet volg voordat dit na die houtskoolfabriek vervoer kan word.