NovaNam belê in twee sonkragprojekte

Die vismaatskappy NovaNam in Lüderitz gaan 317 000 kilowatt elektrisiteit per maand genereer met hul nuwe sonkrag-beleggingsprojek waar die maatskappy 36 miljoen Namibiese dollar in twee sonkragprojekte belê het. Dit sal die maatskappy se jaarlikse vrystelling van kweekhuisgasse met 2,932 ton verminder. Die uitvoerende hoof van NovaNam, Edwin Kamatoto, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n suksesverhaal vir die herwinbare energiesektor.