Rehoboth-onderwyseres verskyn weer oor MandraxSeptember 28, 2022
‘n Onderwyseres van Rehoboth, Fozia Louw, wat daarvan beskuldig word dat sy dwelms gesmokkel het, verskyn weer vandag in die landdroshof op dié Suide-dorp. Tydens die beskuldigde se vorige verskyning op 1 September het landdros Helena Olaiya geweier om borgtog aan die beskuldigde toe te staan. Louw is in Junie in hegtenis geneem nadat sy in besit van 2 417 Mandrax-tablette ter waarde van 290 000 Namibiese dollar betrap is.