Cadbury staan Afrika-kakaoboere by

Die Amerikaanse onderneming wat Cadbury vervaardig, Mondelez, het 10,7 miljard Namibiese dollar beloof om kakaoboere se inkomste te verhoog en toegang tot onderrig te verbeter. Dit volg nadat Ghana en die Ivoorkus, wat twee-derdes van die kakaomark verteenwoordig, hul boikot van die Wêreld-Kakao-stigting se jaarlikse beraad in Brussel, België, aangekondig het. Die lande sê die boikot is uit verset teen armoede onder boere van Wes-Afrika. Mondelez sê die Kakao Lewe-program beoog om die aantal boere wat bygestaan word, teen 2030 tot 300 000 te verhoog.